Voetspore is die eerste kurrikulum in sy soort vir tuisonderwysgesinne in Suid-Afrika, en bied ‘n Charlotte Mason, literatuurryke, tuisonderrig-opsie.

Voetspore is gebore uit die deurlopende versoeke van Afrikaanse ouers om toegang te kry tot ‘n Charlotte Mason-styl van tuisonderrig met behulp van bronne uit Suid-Afrika, lewende boeke en lewenservaring. Deur die jare heen het ons na elke tuisonderwys-ekspo gesien hoe beperk die opsies is vir Afrikaanse gesinne wat daarna streef om hul kinders ‘n ‘lewende’ opvoeding te gee soos Footprints bied, maar om dit in hul moedertaal te doen.
Dit was nie ń maklike taak nie. Gebaseer op die feit dat ons eie eerste taal Engels is, en dat ons die boeke moes kry – en dit moes lees – maar dit het steeds gelei tot hierdie nuwe Voetspore-kurrikulum wat u binnekort sal vind. Hoewel dit nie die oorspronklike Footprints-formaat herhaal nie, het Afrikaanse families nou ‘n chronologiese tuisonderrigprogram, gebaseer op literatuur, uit die voorheen opgetekende geskiedenis tot in die moderne Suid-Afrika.
Voetspore kan vergelyk word met ‘n ekspedisie deur Suid-Afrika. Dit gaan nie oor die vertrek en is nie ń wedren om op ‘n sekere tyd by ń spesifieke bestemming uit te kom nie, maar dit gaan eerder oor die reis: om te stop en ń sekere onderwerp wat jul belangstelling boei langer te verken, om dalk ń minder bekende trekpleister te besoek, te vertoef op ‘n plek van ongerepte skoonheid en jul te verwonder oor die feit dat dit ons erfenis, ons mense, ons Suid-Afrika is! Om hierdie rede sal die hoeveelheid tyd wat aan elke boek bestee word, wissel. U word aangemoedig om dieper te delf en enige onderwerp wat u kind se belangstelling boei of wat volgens u meer aandag verdien, in meer besonderhede en diepte te ondersoek.
Die Ouerhandleiding
Daar is twee dele. Deel 1 gaan oor die geskiedenis van die eerste mense wat in ons land gewoon het, nl. die Khoi-groepe, tot die Groot Trek en kyk na die Nederlandse, Franse en Britse setlaars en die botsings wat plaasgevind het toe mense die binneland ingetrek het.
Deel 2 gaan oor die ontdekking van goud en diamante, dan deur die Eerste en Tweede Wêreldoorloë, die Angolese bosoorlog, die vryheidstryd en tot vandag toe.
U sal agterkom dat sekere lesaktiwiteite, soos die naslaan van u eie familiegeskiedenis, byvoorbeeld ‘n paar weke kan voortduur, terwyl u dan verder gaan met ander studies. Onthou dat ons doel nie is om net deur die program te gaan en ons kinders se gedagtes met feite te vul nie, maar eerder om hulle te help om op boeke verlief te raak, om te leer om navorsing te doen, krities te dink en kennis te verwerk op ‘n manier wat relevant en belangrik vir hul lewens is.
Elk van die 12 afdelings bevat ook ‘n afdeling vir natuurwetenskap. Dit is spesifiek geskryf vir die verskillende natuurlike biome wat in Suid-Afrika voorkom. Daar kyk ons na Suid-Afrika se erfenisterreine en ons nasionale parke. Ons hoop dat dit u ook sal aanspoor om ons pragtige land te besoek en te verken. Ons neem u op ń reis na die Nama-Karoo, swem saam met visse en seevoëls en ń ontdekking van die skeepswrakke langs ons kus tot by vleilande, moeraslande en grasvelde. Dit alles word tydens u leunstoelreis deur ons land besoek.

Aangesien die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie in isolasie met die res van die wêreld plaasgevind het nie, sal u ook inligting vind wat verband hou met die gebeure in die wêreldgeskiedenis tydens sekere gebeure in Suid-Afrika. Dit is belangrik om te besef dat internasionale gebeure tot vandag toe nog altyd ‘n uitwerking op plaaslike gebeure het.
Aan die begin van elke afdeling het ons ‘n tabel uiteengesit met die historiese tydsbestek wat u sal moet bestudeer en die boeke wat u gaan benodig. Dit is belangrik dat u vooraf na die tabel van elke komende afdeling kyk en sorg dat u die nodige boeke bekom teen die tyd dat u dit benodig as u nie alles in die basiese pakket gekoop het nie.
In die ouergids het ons nie bladsynommers in die storieboeke uiteengesit wat elke dag gelees moet word nie, want u sal vind dat dit soms moeilik is om te stop wanneer julle in die middel van ‘n lekker boek is. Lees soveel as wat julle elke dag kan, sodat julle nog genoeg tyd in die dag het om wiskunde- en verrykingslesse te doen. Die idee is dat julle die lesse kies wat die beste by jul huishouding en kinders pas, en die tydsraamwerk waarbinne julle werk. En as julle dan wil aanhou lees, staan dit jul ook vry!
Die letterkunde

Ons het noukeurig meer as 50 boeke gekies wat jul saam met jul kinders kan geniet. Sommige is noodsaaklik vir die program, ander is addisioneel. Daar is ‘n verskeidenheid van boeke vir verskillende ouderdomme. Vir sommige kinders sal daar voorgelees moet word en ander kan aangemoedig word om self te lees.
U betaal vir die verwysingspakket en kry dan die boekelys waaruit u kan kies wat u wil koop. Moontlik het jul sommige boeke op jul rak of kan dit by die plaaslike biblioteek gekry word – of miskien wil jul dalk almal koop!
Die gekose literatuur vertel die verhale van mense wat daartoe bygedra het om Suid-Afrika te maak wat dit vandag is. “Dit is nie Geskiedenis wat mense maak nie, maar mense wat Geskiedenis maak” (A.W. Roberts). Om stories oor regte, of ten minste realistiese mense te lees, is ‘n baie meer opwindende manier om geskiedenis te bestudeer as die feitelike verslae wat so tipies is in die meeste handboeke. Ons wil hê dat u in staat sal wees om ‘n kilometer in iemand anders se skoene te stap en te leer oor ons verlede deur met mense te simpatiseer en met hulle te identifiseer wat in die vervloë dae geleef het. Hopelik sal verskillende standpunte oor verskillende sake ook vir u duidelik word deur sommige van hierdie verhale.
Die meeste literatuur wat in Voetspore opgeneem is, is deur blanke Suid-Afrikaners geskryf, en ons kan dus nie beweer dat ons ‘n heeltemal onbevooroordeelde standpunt voorstel nie, maar ons het dit sover moontlik probeer doen. Ons het doelbewus literatuur van outeurs wat neerhalend was en sommige wat van die aanstootlike houdings van die voorgeslagte weerspieël, weggelaat, maar daar is ‘n paar boeke wat u sal benodig wat sekere denkwyses uitbeeld wat deel uitgemaak het van die denke van die dag. Dit bied u en u gesin die geleentheid om te leer uit die foute van die verlede en om oor hierdie denkwyses te debateer. Ons het sekere agtergrondinligting by die ouergids gevoeg, dikwels verwyderd van die populêre geskiedenisverhaal, om die verskillende perspektiewe van mense en gebeure ten volle uit te beeld.
Ons het ‘n menigte verskillende opdragte vir elke afdeling gegee. Neem asseblief kennis dat daar NIE van u kinders verwag word om almal te doen nie. Kies eerder ‘n minimum van vier opdragte oor verskillende onderwerpe van die voorgestelde opdragte. Dit sal verstandig wees om van die ander relevante vrae wat ons in die verskillende kategorieë gegee het, mondelings met u kinders te bespreek. As u wil, kan u addisionele opdragte doen wat u kinders interesseer.
Ons het ‘n aanlyn-wagwoordbeskermde platform geskep waar u na addisionele artikels of video’s kan kyk. Ons het ook ‘n paar flieks gelys wat by die onderwerpe van die studie pas. Let egter daarop dat ons nie elkeen kon hersien nie, dus gebruik u dit met u eie diskresie. Sommige van die resensies wat in die aanhangsel gevind word kan dalk nuttig wees. Dit sal ook handig wees om ń lys te maak van die geskikte en toepaslike films wat by u plaaslike biblioteek beskikbaar is.
In die aanhangsel vind u ook kaarte, nuttige kontakte en ‘n veldritrekord vir u gerief. Daar is ook sketse en verduidelikings om u te help met verskillende soorte opdragte: verskillende sketsblaaie, hoe om ‘n karakterskets te skryf, ens. Ons het ook voorbeelde van daaglikse skedules en leë bladsye ingesluit wat u kan kopieer en gebruik in u beplanning.
Tydlyn, Suid-Afrikaanse kaarte en prenteskywe
‘N Belangrike hulpmiddel om die geskiedenis in perspektief te plaas, is ‘n tydlyn. U ontvang ń tydlynboek, ‘Footprints Through Time’.

Om aanvanklik ‘n gevoel van perspektief te gee, het ons al ons familie se geboortejare afgemerk, ook grootouers, en later het ons ander historiese belangrike datums ingevul. Laat u kind belangrike datums afmerk en skryf ‘n kort aantekening langs elke datum. Gebruik ‘n dik viltmerker wat van ver af gelees kan word. Plak dan die toepaslike prenteskyf op, wat u vir u eie gebruik kan kopieer uit die aanhangsel agter in hierdie gids. Ons stel voor dat u dit inkleur en lamineer. ń Ander opsie is om u kind sy eie prenteskyfies te laat teken. Dit kan ‘n meer sinvolle oefening wees. Wat u ook al besluit, met behulp van hierdie visuele hulpmiddels sal u binnekort agterkom dat die hele gesin name en datums sal leer!

Gebruik ook die Suid-Afrikaanse kaart om reise, geografiese kenmerke, gebeure en die plak van die prentjies op die regte plekke af te merk. Op hierdie manier sal u kind ‘n goeie idee ontwikkel van historiese gebeure. Probeer om die kaart opvallend te maak deur witbordmerkers met verskillende kleure te gebruik. Reproduseer en vergroot, indien nodig, die kaarte wat in die aanhangsel agter in hierdie gids verskyn. Gebruik hierdie om ‘n permanente rekord te verskaf van die kaartwerk wat julle gedoen het, aangesien u die droë-skryfkaart op ń stadium kan uitvee.

Ons sluit ook die reeks, ‘Suid-Afrikaanse kunstenaars’ in wat ‘n lieflike studie van Suid-Afrikaanse kunstenaars kan uitmaak en ook kan sorg vir ń paar ekstra kunswerke in u huis, en dit is maklik om te volg.
Vrae wat gereeld gevra word
- Bied u ‘n werkskedule aan? Ons bied u nie ‘n daaglikse skedule aan nie, want ons glo dat u die beste weet hoe u Voetspore in u dag kan inpas, tesame met u ander vakke en huishoudelike roetine. Ons beveel aan dat u elke dag lees en dat u kinders konsekwent aan hul projekte werk.
- Het u ‘n betaalplan? Ons het! U betaal vooraf die verwysingspakket. Daarna kan u kies soos u koop. Let egter daarop dat daar elke keer addisionele koeriergeld is as ons u volgende boekie stuur.
- Wanneer sal dit beskikbaar wees? Deel 1 word in Desember 2020 uitgereik. Deel 2 middel 2021
- Is Voetspore dieselfde as ‘Footprints on our land’? Nee, dit is ‘n heeltemal nuwe program wat heeltemal ander Suid-Afrikaanse literatuur gebruik. Dit dek ook al ons bekende geskiedenis in die twee dele, nie verdeel in ouderdomsgroepe van laerskool en hoërskool nie.
- Wat is die beste teikenouderdom vir Voetspore? Ons glo dat kinders tussen 8 en 14 jaar voordeel sal trek uit die program. Daar word ook voorsiening gemaak vir ouer tieners met meer volwasse literatuur.
- Wat kan ons doen voor Voetspore? Ons moedig ouers steeds aan om ‘Little Footprints’ te doen – ons probeer soveel moontlik Afrikaanse titels kry en herdruk.
- Hoeveel kos dit? Op die oomblik het ons nie ‘n finale syfer nie, want ons wag op die kopieregkwotasies. Vul die onderstaande waglysvorm in om in kennis gestel te word. Dit verplig U NIE om die program te koop nie.
Klik hier om ‘n voorbeeld te sien.
Vul die onderstaande kontakvorm in om op ons waglys te verskyn!
Voetspore Navraag